Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se p ...
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wragtag, wat hy nou alles in die media oor sy geliefde SAPD lees. En met sy eie oe sien ook, in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie. Kassie het juis ’n ander werksaanbod gehad . . . En dan moet dit natuurlik so kom dat hy in die middel van sy loopbaankrisis teen die grieseligste moordenaar nog te staan kom. Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na ...
Ellie gewaar hulle in die truspieeltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. ’n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in ’n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei jong mans hul sonbrille teen hul voorkoppe opskuif, rondkyk en dan in die agterste bank gaan sit. Die dag toe Ellie McKenna haar huis in die Kaap verhuu ...
Sophia se kind is weg. Dalk is sy self ook weg. Haar man is by haar in hul huisie langs Cloetesville, maar sy wonder nietemin soms waar hy is. Sophia droom van Pompeii en van wegloop – weg van elke dag se sleur by die sukkelende webwerf, die baie werkspolitiek en haar man se speurderwerk wat hom aan soveel gesinstragedies blootstel. ’n Jeugliefde staan boonop een dag voor haar in die supermark en krap alles verder deurmekaar. En heeltyd ruik ’n ...
Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangese word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaa ...
Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede en sy gaan dit doen op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het. Dit besluit Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ’n besending van haar skilderye vernietig word.Om die verlede te trotseer, is egter nie so maklik nie. Daar is die onlangse verlede waarin sy haar vermoe om ernstige kuns voort te bring, verloor het. Haar nagmerrie-huwelik en die verwoestende gevolge daarvan ...
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Toe droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ’n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwing hom tot afsondering in ’n huis in ’n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ’n mooi rolprent-vervaardiger as geselskap. Hy raak bewus van ’n “derde dimensie”. Nou is die heerlike, verslawende angs terug en kan hy weer skryf. Dan ...
Terwyl Afrikaanse fiksiesoorte al hoe duideliker afgebaken word, raak Francois Bloemhof se werk minder definieerbaar – en hier is weer ’n storie wat geen resep volg nie. ’n Kantoorwerker, kopdokter en skrywer beinvloed mekaar op uiteenlopende wyses. Die leser weet meer as die drie, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat kom volgende nie. Maar aan wie behoort die vierde stem? Watter rol speel sy in die gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vree ...