Dieter en Krynauw, twee graadneges, beland in die kloue van Madame Zenobia toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en am ...
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nog nooit geken het nie, in ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan ...
Partymaal draai die lewe anders uit as wat jy dit in jou wildste drome voorgestel het. Vir Willem van Vuuren is die hoerskool eerder ’n nagmerrie as die avontuur waarop hy gehoop het. Want almal eis hulle pond vleis van hom: Daar is die vreemde karakters in die kunsklas waarin hy per ongeluk beland, die rugbyspan waarin hy ter wille van sy pa se Twickenham-knie moet vasbyt, en die simpel kompetisie waarvoor sy broers hul pa wil inskryf. Hallo – ...
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar le die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die ...
Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoe sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar). Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se N ...
Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorle, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswereld gee: die “vlissie” kry vlerke. Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goe ...
Welcome to the family! It's just like yours: father, mother, sister, brother, abuelita, gato, even a great-great grandmother. Well, but there's something just a little bit different about this particular family. Maybe it's those clothes they wear . . . just a little bit fashion backward. And the colors! So vibrant and . . . lively. Maybe that's what it is. They are just so full of life while looking almost other worldly. Cyn ...
“Each page captures a sense of wonder, of the vibrancy of color, the imagination of the artist, the name of the hue. Colors take life in this small picture book, perfect for small hands, in an astonishing pairing of visual intimacy and artistic joy that make this one of the most distinctive recent books on color—in English or otherwise.” —Papertigers.org This book truly did take a village of artists, scatter ...